Talman Drakensberger-bul gaan vir R145 000 by OTVL Ram- en Bulveiling

Mnre. Paul Botha en Mike Killassy was die afslaers vir dié veiling, waar daar 247 bulle en 106 ramme aangebied is.

Ermelo Vleissentraal het onlangs die jaarlikse Oos-Transvaalse (OTVL) ram- en bulveiling by Ermelo-skouterrein aangebied.

Mnre. Paul Botha en Mike Killassy was die afslaers vir dié veiling, waar daar 247 bulle en 106 ramme aangebied is.

Slegs 22 bulle en 19 ramme het nie nuwe eienaars gekry nie.

Koos van Niekerk van Amersfoort moes R105 000 uithaal vir die Drakensberger-bul wat die hoogste prys op die veiling behaal het.

Dié bul is deur Petrus Taljaard van Talman Drakensberger van Ermelo te koop aangebied.

Die hoogste prys behaal vir die Ill de France-skaapras, van Regina Harmse se RCH Ile de France stoet, was R17 000.

Die veilinggemiddeld vir bulle was R44 788 en die gemiddeld vir ramme R8 960.

Lees die volledige berig met al die uitslae in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version