NewsSchools

Vyf Liggie-skuts dring deur na Mpumalanga eindronde

Die vyf skuts wat aan die Mpumalanga-eindronde sal deelneem is Sophia Giliomee, Sumé Snyman, Erenst Botha, Gerhard Botma en Morné van Aswegen.

Die skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie het onlangs aan die Streeks-uitdunne deelgeneem wat by Hoërskool Ermelo aangebied was.
Die Liggie-skuts het die volgende plekke behaal:
In die 0/14-afdeling het 50 skuts deelgeneem en Cobus Pretorius het 34ste geëindig met 1 022 punte en SJ van Eck het 37ste geëindig met 1 000 punte.
In die 0/16-afdeling het 55 skuts deelgeneem, Sumé Snyman het 10de met 1 352 punte geëindig, Erenst Botha 14de met 1 311, Morné van Aswegen 16de met 1304 punte, Roeland Minnaar 23ste met 1 281 punte, Gerhard Botma 28ste met 1 256 punte en Beverey Kirsten 44ste met 1 149 punte.
Sophia Gilomee het in die 0/21-afdeling saam met 42 ander skuts deelgeneem en het ’n 18de plek met 1371 punte behaal.
Die vyf skuts wat aan die Mpumalanga-eindronde sal deelneem is Sophia Giliomee, Sumé Snyman, Erenst Botha, Gerhard Botma en Morné van Aswegen.

 

Related Articles

Back to top button