Hervormde Kerk se basaar is om die draai

Ermeloërs kan uitsien na heerlike bosveldburgers, afval, braaivleis en “buffalo wings”, om slegs ’n paar te noem.

Die basaar van die Hervormde Kerk Ermelo vind om 8vm plaas.

Dié basaar wat die afgelope paar jaar bekend geword het vir sy “gaan groot”-benadering, beloof om vanjaar weer by dié benadering te hou.

’n Groot rondomtalie-swaai, “mechanical bull” en trapkarressies is van die opwindende aantreklikhede wat basaargangers kan geniet.

Dr. Piet van Zyl het alle inwoners van Ermelo genooi om die basaar by te woon.

“Kom klim teen die kerk se muur uit of kyk hoe goed jy kan skiet. Daag jou maats uit om te sien wie kan die langste staande bly op die “wipe out”-baan”.

Die manne kan selfs hul kragte meet op die “highstriker”.

Ermeloërs kan uitsien na heerlike bosveldburgers, afval, braaivleis en “buffalo wings”, om slegs ’n paar te noem.

’n Reuse veiling en wynveiling sal tydens die basaar aangebied word.

Vir enige navrae skakel dr. Piet van Zyl by 017 811 2434.

Exit mobile version