NewsSchools

Ligbron Akademie vir Tegnologie seëvier in Mpumalanga-eindronde

Secunda se eerste span het in die doodsnikke van die wedstryd, ’n drie aangeteken maar kon dit nie verdoel nie, wat vir Ligbron die wen verseker het.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerstespan het op 20 Julie Hoërskool Secunda met ’n telling van 17-15, in die Mpumalanga eindronde geklop.

Die wedstryd het om 12.15nm op Ligbron se veld afgeskop.

Met die pawiljoen vol gepak met toeskouers het albei spanne uitstekende spel opgelewer.

Secunda het die eerste drie vir die wedstryd aangeteken wat ook verdoel is, en na ’n strafskop het dié span 0-10 voorgeloop.

Ligbron het vinnig teruggeveg en drie drieë in die eerstehelfte aangeteken.

Secunda se eerstespan het in die doodsnikke van die wedstryd, ’n drie aangeteken, maar kon dit nie verdoel nie, wat vir Ligbron die wen verseker het.

Lees die volledige berig met al die spanne se uitslae in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button