Errie-Redenaars blink uit tydens Artisticulta-redenaars se nasionale ronde

Hoërskool Ermelo se seniorspan, Marni Prinsloo, Francois du Plessis, Amy Greyling en Zara Büchling het ’n tweede plek in Suid-Afrika, in die Senior Afrikaans voorbereide-afdeling, behaal.

Hoërskool Ermelo se redenaars het vandeesmaand op nasionale vlak naamgemaak.

Die Afrikaanse junior- en senior-spanne het albei op die nasionale eindronde van die 2019 Artisticulta-kompetisie tweede in die land geëindig.

Dié kompetisie het op 11 Julie plaasgevind.

Dit was ’n groot eer vir die Errie-leerders om aan dié geleentheid deel te neem en nege van hulle het plekke behaal.

Johnke Prinsloo het in die Engelse voorbereide-afdeling vir graad 8-leerders ’n sesde plek behaal.

Amy Greyling, ’n graad 11-leerder, het in die Afrikaanse voorbereide-Afdeling ’n sesde plek behaal en Cornus van den Berg het ’n vyfde plek in die Afrikaans voorbereide-afdeling vir graad 12 behaal.

Die Erries se juniorspan het landwyd algeheel tweede in die junior Afrikaanse voorbereide-afdeling geëindig.

Die span bestaan uit Johnke Prinsloo, Mienke Cloete, Zanéke Ludick en Zané du Plessis.

Die senior span het in die senior Afrikans voorbereide-afdeling ook tweede in die land gekom.

Dié span bestaan uit Marni Prinsloo, Francois du Plessis, Amy Greyling en Zara Büchling.

Exit mobile version