PLAASBOER: Die oomblik toe ek die rook sien, het ek geweet hier is groot moeilikheid

Volgens hom is daar steeds skadeverslae uitstaande en kan ’n akkurate skadebepaling nog nie gedoen word nie.

’n Vernietigende veldbrand wat op 1 Julie deur ’n sterk wind aangehits is, het 132 skape asook derduisende hektaar weiding sien in die slag bly.

Die brand het volgens mnr. Dawie Zeelie, ’n boer op die Amersfoort-pad, omstreeks 10vm ontstaan en die laaste vlamme is eers na 11nm geblus.

“Die oomblik toe ek die rook sien, het ek geweet hier is groot moeilikheid,” het ’n emosionele mnr. Zeelie gesê.

Hy het vertel dat skape doodgebrand het en derduisende hektaar weiding, grasbale en mieliereste op verskeie boere se plase vernietig is.

Volgens hom is daar steeds skadeverslae uitstaande en kan ’n akkurate skadebepaling nog nie gedoen word nie.

Volgens hom het die wind met tye teen 85km/h gewaai, en die vuur het oor gebiede waar voorbrande gemaak is asook oor die De Emigrati-pad gespring.

Hy het almal wat saam gewerk het om die vuur te blus, bedank.

Met die ergste winter wat nog voorlê, is voer tans een van die grootste behoeftes by dié boere.

As enige iemand hulle kan help kan die Hoëvelder by 017 819 2221 geskakel word.

Lees die volledige berig oor dié vernietigende veldbrand in die Hoëvelder.

Exit mobile version