Ligbron skuts behaal goeie tellings

Sophia Giliomee het in die 0/21-afdeling deelgeneem waar sy ’n 14de plek onder 43 skuts behaal het.

Die skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie het vanaf 14 tot 18 Mei, tuis aan die Prysskiet 5-kompetisie deelgeneem.

Altesaam 46 skuts het in die 0/14-afdeling deelgeneem.

Beverly Kirsten het met 1 060 punte 29ste geëindig, Cobus Pretorius was 30ste met 1 055 punte en SJ van Eck 33ste met 1 015 punte.

’n Totaal van 51 skuts het in die 0/16-afdeling deelgeneem.

Sumè Snyman het die vierde plek ingeneem met 1 387 punte, gevolg deur Erenst Botha vyfde met 1 376 punte, Gerhard Botma 12de met 1 319 punte, Mornè van Aswegen 16de met 1 293 punte en Roeland Minnaar 24ste met 1 211 punte.

Sophia Giliomee het in die 0/21-afdeling deelgeneem waar sy ’n 14de plek onder 43 skuts behaal het.

Exit mobile version