NewsSchools

EHS-hokkie veg teen Secunda

Die Hoërskool Ermelo Calstar eerstespan dogtershokkie het gelykop met een doel elk gespeel. Clariz Olivier skiet die doel vir die span.

Drie hokkiespanne van Hoërskool Ermelo het op 14 Mei teen Secunda gespeel.

Die tweedespan het vanjaar nét vriendskaplike wedstryde gespeel met die doel om jong spelers te ontwikkel vir die toekoms.

Hulle het teen Secunda met ’n telling van 7-0 verloor.

Die Hoërskool Ermelo Impac Crop Sure se seuns-eerstespan het ongelooflik ontwikkel deur die seisoen en hul laaste ligawedstryd het daarvan getuig.

Hoewel Hoërskool Ermelo die wedstryd 1-0 verloor het, het die seuns die skool se naam hoog gehou.

Die Hoërskool Ermelo Calstar se dogters-eerstespan het gelykop gespeel met een doel elk.

Clariz Olivier het die doel vir die span geskiet.

Related Articles

Back to top button