NewsSchools

EHS-dogtershokkie tweedespan maak skoonskip by kwarteindronde

EHS dring deur na die Mpumalanga halfeindronde wat op 13 Julie by Ligbron Akademie vir Tegnologie sal plaasvind, waar EHS en Hoërskool Middelburg mekaar die stryd gaan aansê.

Hoërskool Ermelo se tweede hokkiespan het aan die kwarteindronde van die Mpumalanga-hokkieliga op 8 Junie deelgeneem.

Die eerste wedstryd was teen Hoërskool Volksrust, waar EHS die dag op ’n hoë noot met ’n oorwinning afgeskop het.

Erries het ses doele teenoor nul aangeteken.

Yané Broekman en Elizia van Heerden het elkeen twee doele en Jani Hattingh en Theané Arnoldi elk een doel aangeteken.

In die tweede wedstryd het Erries teen Hoërskool Nelspruit te staan gekom en dié kragmeting met 2-0 gewen.

Elizia van Heerden en Jani Hattingh was die puntemakers in dié wedstryd.

EHS het sodoende deurgedring na die Mpumalanga-halfeindronde wat op 13 Julie by Ligbron Akademie vir Tegnologie sal plaasvind, waar EHS en Hoërskool Middelburg mekaar die stryd sal aansê.

Related Articles

Back to top button