CrimeNews

Dwaalkoeël tref muur sentimeters bo kind se bed

Volgens sy pa, mnr. Thomas Boyder, was sy seun olik dié aand, en het nie in sy kamer geslaap nie.

Ermelo Polisie ondersoek ’n saak van nalatige afvuur van ’n vuurwapen in die woongebied, nadat ’n dwaalkoeël op 8 Junie, sy merk teen die kamermuur van ’n agt jarige seun gelaat het.

Volgens sy pa, mnr. Thomas Boyder, was sy seun olik dié aand, en het nie in sy kamer geslaap nie.

Die Wet op die Beheer van Vuurwapens, Wet nommer 60 van 2000, volgens Artikel 120 (3)(b) is dit ’n misdryf om ’n vuurwapen, antieke vuurwapen of ’n windgeweer af te vuur of andersins te hanteer op ’n wyse wat enige persoon waarskynlik sal beseer of die veiligheid of eiendom van enige persoon waarskynlik in gevaar sal stel of met roekelose verontagsaming van die veiligheid of die eindom van enige persoon.

Kapt Carla Prinsloo, woordvoerder van Ermelo Polisie, het gesê: “Lede van die publiek moet in gedagte hou dat hul die lewe of eiendom van ander persone in gevaar kan stel wanneer hul ’n vuurwapen afvuur.”

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button