Local newsNews

911 Bikers en gemeenskap bid vir familie van vermoorde boer, Moolman Meyer, op plaas Waaihoek

“Bikers Ride Against Farm Murders” (BRAFM) wat ook bekend staan as 911 Riders, is ’n motorfiets organisasie wat hulle toespits op die bewusmaking van plaasmoorde en die bou van gesonde verhoudings tussen die polisie en hul plaaslike gemeenskappe.

Die 911 Riders van Nelspruit het ’n optog vanaf Ermelo na die plaas Waaihoek naby Sheepmoor gelei, waar ‘n boer, mnr. Moolman Meyer (67) verlede naweek wreed vermoor is.

Bikers Ride Against Farm Murders” (BRAFM) wat ook bekend staan as 911 Riders, is ’n motorfiets organisasie wat hulle toespits op die bewusmaking van plaasmoorde en die bou van gesonde verhoudings tussen die polisie en hul plaaslike gemeenskappe.

NUUSFLITS – Boer se lyk op plaas buite Sheepmoor gevind

Verskeie motorfietsgroepe het van verskillende dorpe vertrek en dié ysterperde het hul opwagting om 11uur by Ermelo Polisiestasie gemaak.

Rooi linte op voertuie en om motorfietsryers en inwoners se arms, was ’n teken van kameraadskap en om standpunt in te neem teen die vlaag plaasmoorde in Suid-Afrika.

Die doel van dié samekoms was om mnr. Meyer se familie te ontmoet en om medelye te betuig na sy afsterwe.

Mnr. T.J. Maré,  het gesê: “Daar is geen beter manier as ’n groep motorfietsryers wat saam beweeg, om sake op die voorgrond van die nuus te bring nie.”

SIEN MEER FOTO’S: GALERY – 911 Riders en inwoners ry plaas Waaihoek toe om medelye aan vermoorde boer se familie te betuig

Op die plaas het mnr. Maré die gebed gelei.

Na wat verneem word sal wyle mnr. Meyer se roudiens op 20 Junie, omstreeks 11vm vanuit die Hervormde Kerk op Chrissiesmeer gehou word.

Sy as sal na die diens op die plaas gestrooi word.

 

LEES OOK: 911 Riders nooi gemeenskap om saam teen plaasmoorde op te staan

 

 

Related Articles

Back to top button