Errie-netbal presteer in Gert Sibande

Die Hoërskool Ermelo Calstar eerste netbalspan, asook die 0/14A-span het deurgedring na die MSN-kampioenskap.

Hoërskool Ermelo se netbalspanne het onlangs aan die Gert Sibande A-span Streekkampioenskap by Hoërskool Standerton deelgeneem.

Die 0/14A-span het hul wedstryde teen Ligbron en Standerton met onderskeidelik 14-12 en 16-6 gewen, maar in ‘sudden death’ teen Secunda met 14-15 verloor.

Die 0/15A-span het al drie wedstryde gewen. EHS het Evander met 18-6 geklop, Ligbron met 9-5 en Oosterland met 15-12.

Die 0/16A-span het met ’n telling van 22-1 teen Evander gewen, naelskraap teen Hoogenhout met 10-11 verloor en het Oosterland met 17-11 geklop.

Die Hoërskool Ermelo Calstar se eerste netbalspan het hul eerste wedstryd van die dag teen Ligbron met ’n naelskraaps met 27-28 verloor, maar het Standerton met ’n telling van 30-13 geklop. EHS het punte ontvang van Piet Retief as gevolg van ’n besering.

Die Hoërskool Ermelo Calstar se eerste netbalspan, asook die 0/14A-span het deurgedring om aan die MSN-kampioenskap deel te neem wat in Nelspruit sal plaasvind.

Exit mobile version