NewsSchools

Ligbron skuts behaal goeie plekke by Prysskiet 5 Kompetisie

Spohia Giliomee het in die 0/21-afdeling deelgeneem waar sy ’n 14de plek onder 43 skuts behaal het.

Die skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie het vanaf 14 Mei tot 18 Mei, tuis aan die Prysskiet 5 Kompetisie deelgeneem en goeie prestasies opgelewer.

In die 0/14-afdeling het 46 skuts deelgeneem, Beverly Kirsten het met 1060 punte 29ste geëindig, Cobus Pretorius was 30ste met 1055 punte en SJ van Eck 33ste met 1015 punte.
In die 0/16-afdeling het 51 skuts deelgeneem. Sumè Snyman het die vierde plek ingeneem met 1387 punte, gevolg deur Erenst Botha vyfde met 1376 punte, Gerhard Botma 12de met 1319 punte, Mornè van Aswegen 16de met 1293 punte en Roeland Minnaar 24ste met 1211 punte.
Spohia Giliomee het in die 0/21-afdeling deelgeneem waar sy ’n 14de plek onder 43 skuts behaal het.

Related Articles

Back to top button