Local newsNews

Oud Ermeloër, Margie Howard (58) laat groot leemte agter

“Sy was jonk van gees en haar hart was altyd oop vir almal,” het haar dogter, me. Natasha Taljaard gesê.

Me. Margie Howard (58), ’n oud-Ermeloër, is op 15 Mei aan ’n hartaanval dood.

Sy is gebore en getoë in Ermelo en was vir 56-jaar in Ermelo woonagtig.

Me. Howard het aan Ligbron Akademie vir Tegnologie gematrikuleer.

Haar kinders en familie sal haar altyd onthou vir die spontane vrou wat sy was.

“Sy was jonk van gees en haar hart was altyd oop vir almal,” het haar dogter, me. Natasha Taljaard gesê.

Me. Howard laat haar man, Tommy, haar twee kinders, me. Taljaard en mnr. Louis Vermeulen, drie kleinkinders asook haar suster, me. Antoinette Diedericks agter.

Haar roudiens sal op 22 Mei omstreeks 11vm vanuit die AGS Kerk plaasgevind.

Related Articles

Back to top button