![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/93/2019/05/veediefstal-2.jpg)
‘n Reaksiespan van ACSU, het op 17 Mei, met die hulp van Middelburg Polisie se korrupsie-eenheid, ’n verdagte in hegtenis geneem, nadat inligting ontvang is dat die verdagte geld ontvang het om ’n veediefstal-saak teen vyf verdagtes te belemmer.
Die klopjag wat deur ACSU gereël is, het op Breyten plaasgevind.
Die verdagte is in aanhouding en sal op 20 Mei in die Ermelo Landdroshof verskyn.
Dit volg nadat vyf verdagtes op 7 Mei op aanklag van veediefstal in hegtenis geneem is.
Die Hoëvelder sal lesers op hoogte hou van die saak.