NewsSchools

Ligbron Akademie vir Tegnologie se gholfspanne skop liga af

In die A-liga het Ligbron gesamentlik in die tweede plek saam met Piet Retief en Volksrust met 33 punte geëindig.

Die jaarlikse Mpumalanga Gholfliga het 3 Mei op Piet Retief se gholfbaan afgeskop.

Volksrust, Bethal, Piet Retief, EHS en Ligbron neem aan die liga deel.

In die A-liga het Ligbron gesamentlik in die tweede plek saam met Piet Retief en Volksrust met 33 punte geëindig.

Ligbron het in die B-liga in die eerste plek met 60 punte geëindig en in die C-liga met 43 punte in die tweede plek geëindig.

“Die kompetisie is straf en skole se spelers is van puik gehalte.

Ons is baie trots op ons jong kranige gholfers,” het me. Mariska van Niekerk, mediabeampte van Ligbron Akademie vir Tegnologie gesê.

Ligbron se gholfspanne het op Vrydag 10 Mei aan die tweede ligawedstryde deelneem.

 

 

Related Articles

Back to top button