NewsSchools

Twee B-netbalspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie dring deur na MPU Kampioenskappe

Beide die 0/16B- en tweedespan dring deur na die Mpumalanga Kampioenskappe wat op 25 Mei in Witbank sal plaasvind.

Die B-netbalspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 4 Mei, aan die Gert Sibande uitspele deelgeneem wat by Hoërskool Ermelo plaasgevind het.

Die liggies se uitslae is soos volg:

0/14B het 2-9 teen Piet Retief verloor, waarna hulle uitgespeel het vir posisie drie en vier.  Hulle het 9-11 teen Secunda verloor en algeheel vierde in Gert Sibande geëindig.

Die 0/16B-span het 9-5 teen Piet Retief gewen en uitgespeel vir posisie 1 en 2.  Hulle het 5-9 teen Secunda verloor en het die tweede plek in Gert Sibande ingeneem.

Die tweedespan het 17-8 teen EHS gewen en uitgespeel vir posisie een en twee.  In die eindronde het hulle 6-18 teen Secunda verloor en tweede in Gert Sibande geëindig.

Beide die 0/16B- en tweedespan dring deur na die Mpumalanga Kampioenskappe wat op 25 Mei in Witbank sal plaasvind.

Related Articles

Back to top button