Local newsNews

Ile de France-skaapras lê Regina Harmse na aan die hart

Volgens haar is daar geen beter gehalte vleis as die Ile de France-skape nie, met die vet wat tussen die vleis is maak dit die vleis sagter.

Die RCH Ile de France Stoet is in 2006 geregistreer en is tans een van die grootste Ile de France-stoeterye in Suid-Afrika.

Haar boerdery poog om diere te teel wat aan die hoogste rasstandaarde voldoen.

“Baie mense sal vir jou vertel dat ‘n skaap soos ‘n goeie Christen is, altyd gereed om te gaan, maar as jy jou oog op hulle hou, is dit darem nie so erg nie,” het me. Harmse skertsend aan die Hoëvelder vertel.

Die Ile de France-skaapras word sedert 1822 in Frankryk geteel.

Die ras het uitstekende vleiseienskappe en is aanpasbaar op enige weiveld.

Volgens haar is daar geen beter gehalte vleis as die Ile de France-skape nie, met die vet wat tussen die vleis is, maak dit die vleis sagter.

‘n Volwasse RCH ram weeg gemiddeld 130kg, terwyl die volwasse ooi sowat 80kg weeg.

Lees die volledige berig oor die RCH Ile de France stoetery in die week se Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button