NewsSchools

Ligbron Akademie vir Tegnologie is Superreeks-kampioene

Ligbron is vanjaar ook geseënd om as die Algehele Superreeks Kampioene vir 2018 aangekondig te word.

Ligbron Akademie vir Tegnologie het vanjaar se Superreeks oorheers met uitstekende prestasies wat tydens die Superreeks-eindronde opgelewer is.

Die eindronde het op Saterdag 27 April, by Hoërskool Wilgers plaasgevind en Ligbron het seker gemaak dat hul raakgesien word.

Ligbron het aan die einde van die dag met ’n totaal van nege trofees wat tydens die dag oorhandig is, huiswaarts gekeer.

Die rugbyspanne het hulle onderskeie teenstanders met krag gewys wat in hul steek.

Die Calstar Group-eerstespan het in ’n klipharde stryd seker gemaak dat hulle die nommer een posisie beklee en dat hulle die rugbytrofee huis toe bring nadat hulle Hoërskool Wagpos, met ’n telling van 40-3 geklop het.

Die tweedespan het derde geëindig, na hulle 22-3 met Hoërskool Wagpos afgereken het.

Die Computer Connection 0/16A-span het hulle teenstanders Hoërskool Dinamika, laat les opsê deur hulle met 38-14 in die eindronde te klop. Hulle het ook ’n trofee vir hul eerste plek verower.

Die Nashua Highveld 0/15A-span het in die tweede geëindig toe hulle die knie teen hulle teenstanders, Hoërskool Brandwag, met ’n telling van 7-30 moes buig, terwyl die 0/14A-span Hoërskool Wagpos in die eindrode met ’n telling van 50-14 oorrompel het.

Dié span het ook as wenners in die toernooi van die veld af gestap.

Met drie uit vyf spanne wat die Superreeks eindronde beklink het, het Ligbron drie rugby trofees verwerf tesame met die Algehele Superreeks Rugby Trofee vir 2019.

Ligbron se hokkiespanne het verseker dat hulle vanjaar hul merk met vier uit die ses spanne wat hul wedstryde op die dag gewen het, gemaak het.

Die eerstespan dogters het in ’n spannende stryd met 1-2 teen Hoërskool Brandwag verloor en die algehele tweede plek ingeneem.

Die seuns-eerstespan het ’n vierde plek behaal nadat hulle teen Hoërskool Wagpos 2-3 verloor het.

Die tweedespan was derde nadat hulle hul wedstryd teen Vereeniging maklik met 5-0 beklink het, terwyl die 0/16-span Hoërskool Brandwag, met een doel geklop het en sodoende die eerste plek ingeneem het.

Die 0/15-span het die vyfde plek ingeneem nadat hulle Hoërskool Brandwag met 1-0 gewen het.

Die 0/14-span het vir niks terug gestaan nie en die eerste plek en trofee huis toe gebring nadat hulle Hoërskool Dinamika met 2-0 geklop het. Ligbron het twee hokkie trofees verower, sowel as die Algehele Superreeks Hokkie Trofee vir 2019.

Met Ligbron se netbalspanne het dit ook baie goed gegaan met drie van die spanne wat die top 5 plekke gehaal het, asook algeheel vierde in die reeks geëindig het.

Die eerstespan het in ’n spannende stryd teen Vereeniging Gimnasium gespeel en met 23-27 verloor en was sodoende algeheel vierde.

Die tweedespan het met 10-17 teen Hoërskool Brandwag verloor en het die sesde plek beklee.

Die 0/16A-span het in ’n titaniese stryd teen Hoërskool Brandwag oorheers en die wedstryd met 25-13 beklink.

Hulle was vyfde gewees.

Die 0/15-span het met 18-13 teen Hoërskool Brandwag gewen en het sewende geëindig terwyl die 0/14-span met 14-12 teen Hoërskool Vereeniging Gimnasium gewen het en die algehele derde plek beklee het.

Te same met die prestasies het Ligbron ook weggestap met die Superreeks Prestasie Trofee wat bereken word deur die totale wenne wat die skool gedurende die reeks behaal het, te deel deur die hoeveelheid leerders wat die skool het.

Ligbron is vanjaar ook geseënd om as die Algehele Superreeks Kampioene vir 2018 aangekondig te word.

Related Articles

Back to top button