Local newsNews

West Street Inn Gastehuis daag ondernemings uit om Ermelo kinders te ondersteun

“Ons by die gastehuis wil graag ’n verskil maak in die lewens van die kinders wat ons gemeenskap se hulp benodig en het dit goed gedink om Jp te ondersteun,” het me Christelle Brits van West Street Inn Gastehuis, gesê.

Na die onlangse berigte in die Hoëvelder oor JP Putter wat op Vrydag, 21 Desember in Ermelo Provinsiale Hospitaal met ’n gesplete lip en verhemelte gebore is, het West Street Inn Gastehuis besluit om ’n bydrae te lewer vir die kleinding se komende operasies.

Die gastehuis daag ook ander ondernemings uit om ’n bydrae te lewer.

“Ons wil graag ’n verskil maak in die lewens van die kinders wat ons gemeenskap se hulp benodig en het dit goed gedink om JP te ondersteun,” het me Christelle Brits van West Street Inn Gastehuis, gesê.

Me. Carina Putter, JP se ma, het op die Facebook-bladsy, “Donate a smile for JP Putter”, die boodskap gedeel: “Die  woorde ‘Dankie’ kan nie verduidelik hoe dankbaar ons is vir u donasie en die geskenkpakkie is nie. Dit beteken meer as die wêreld vir ons.”
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button