Local newsNews

KSA geniet ‘Goofy Games’ by Koppisol-vakansieoord

Vanjaar se tema was ‘goofy goes rocket’, en 16 streke en 148 woonwaens het die naweek bygewoon.

Suid-Hoëveld woonwaeklub (KSA) het die afgelope naweek KSA se jaarlikse ‘Goofy Games’ bygewoon wat by Koppisol-vakansieoord plaasgevind het.

Die lede het op Saterdagoggend 27 April aan die vlaghysing en offisiële opening van die kamp deelgeneem.

Verskeie uitstallers wat kampbenodighede uitgestal en verkoop het, was op die kampterrein te siene.

Spanne van vyf lede is ingeskryf en die avontuur het begin met gewigstoot met ’n polistireenbal, hamergooi met ’n plastiese bal en tou nadat die kampeerders eers in die rondte gedraai het en dan met ’n swembad-‘noodle’ spies gegooi het.

Die klub se volgende kampnaweek is op Vrydag 24 Mei tot Sondag 26 Mei by Loskopdam.

Vir enige navrae oor die Suid-Hoëveld woonwaeklub skakel me. Susan Erasmus by 073 444 0855.

Related Articles

Back to top button