Local newsNews

Voertuig en vragmotor bots in haelstorm op Hendrina-pad

“Dit was erg, jy kon niks voor jou sien nie, baie voertuie het selfs afgetrek." Volgens haar het die hael sowat 75mm diep gelê.

’n Toyota Corolla is in ongunstige weer in ’n botsing met ’n vragmotor betrokke gewees.

Die ongeluk het die middag van 21 April op die Hendrina-pad gebeur.

’n Inwoner, me. Belinda Janse van Vuuren het aan die Hoëvelder foto’s van die voorval gestuur.

“Ons was op pad terug Ermelo toe van Vaalwater af, so 10km uit Hendrina en het op die haelstorm afgekom,” het sy gesê.

“Dit was erg, jy kon niks voor jou sien nie, baie voertuie het selfs afgetrek.”

Volgens haar het die hael sowat 75mm diep gelê.

Twee mense is in die ongeluk beseer, maar die omvang van hul beserings was nie aan die Hoëvelder bekend nie.

Sowat 2km van dié ongeluk, het nóg ’n ongeluk plaasgevind, maak seker om vandeesweek se Hoëvelder te lees vir die volledige berig.

Related Articles

Back to top button