Mandela DayMunicipalNews

Vragmotor val vas in modderbad in Wesselsstraat op Ermelo

Dit is die derde vragmotor in slegs ń paar weke wat in dié straat vasgeval het en volgens ’n inwoner wat op die toneel was, is die vragmotorbestuurders moedeloos oor die toestand van die pad.

’n Vragmotor het op Saterdag 20 April in ’n modderbad in Wesselsstraat vasgeval.

Die vragmotorbestuurder het vertel dat dit nie die eerste keer is wat hy van die pad gebruik maak nie.

Hy het gesê dat hy al van te vore ‘n ompad deur die veld ook gebruik het, maar na die reën wat die vorige dag geval het, dié vir hom in ’n slegter toestand gelyk het.

Volgens hom het hy die diepte van die modderspul onderskat.

’n Ander inwoner wat op die toneel was  het aan die Hoëvelder vertel dat daar nie van vragmotorbestuurders verwag kan word om die pad te gebruik nie.

Die Hoëvelder het navrae by die Msukaligwa Munisipaliteit gedoen oor hul beplanning om die pad te herstel.

Lees die volledige berig en kommentaar  van die ondernemings oor die toestand van die straat in die volgende uitgawe van die Hoëvelder.

 

Related Articles

Back to top button