Carina Putter beoog om Ermeloërs meer bewus te maak van kinders met splete

Die gesplete lip en verhemelte bewustheidsweek vind vanaf 4 tot 12 Mei plaas. Me. Putter beoog dat alle Ermeloërs op Vrydag 10 Mei denims en blou aantrek met die plakkers wat sy gratis uitdeel.

Me. Carina Putter het na haar seun, JP, wat gebore is met ’n gesplete lip en verhemelte, besef dat daar ’n tekort is aan bewusmaking.

Klein JP Putter is op Vrydag 21 Desember, in Ermelo Provinsiale Hospitaal met ‘n gesplete lip en verhemelte gebore.

Dié het as ‘n groot skok vir sy ouers, maar ook die dokters wat die bevalling gedoen het gekom.

Me. Putter het onlangs ’n veldtog geloods waar sy Ermeloërs bewus maak oor wat dit behels en die probleme wat daarmee gepaardgaan, omdat sy voel dat sy dit dalk beter sou kon hanteer as sy self meer voorbereid was.

Lees meer oor Me. Putter se veldtog en die oorsake en uitdagings wat ouers ervaar met kinders wat gebore is met splete in volgende week se Hoëvelder.

Exit mobile version