Local newsNews

Francois Swanepoel verloor sy stryd teen Melanoom kanker

’n Trustfonds is na sy operasie by Pas Prokureurs geopen met die hoop om die nodige gelde te kan insamel vir mnr. Swanepoel se mediese onkostes, maar met sy onverwagse dood word die fonds gebruik om gelde in te samel vir sy begrafnis.

Mnr. Francois Swanepoel, meer bekend as Gert, het op 9 April sy stryd teen Melanoom kanker verloor.

Melanoom is ’n aggressiewe velkanker wat lewensgevaarlik is, dié siekte wat lewens bedreig, is geneesbaar as dit vroeg genoeg opgespoor word en effektief in vroeë stadiums van die siekte behandel word.

“Ons sal Francois (Gert) onthou as die man wat altyd ’n glimlag op almal se gesigte kon sit.”

Sy grootste begeerte volgens sy vrou was om sy twee kinders, wat hy sowat twee jaar gelede gesien het, vir ’n laaste keer kon sien.

Mnr. Swanepoel is ’n gebore Ermeloër en het aan Ligbron Akademie vir Tegnologie gematrikuleer.

’n Trustfonds is na sy operasie by Pas Prokureurs geopen met die hoop om die nodige gelde te kan insamel vir mnr. Swanepoel se mediese onkostes, maar met sy onverwagse dood word die fonds gebruik om gelde in te samel vir sy begrafnis.

Die kostes vir sy begrafnis beloop sowat R8 500.

Die Hoëvelder het na mnr. Swanepoel se afsterwe ’n onderhoud met sy vrou gevoer, lees die volledige berig in die volgende uitgawe.

Related Articles

Back to top button