GeneralNews

Suzanne Volschenk-Walsh van Ermelo stel haar eerste kort verhaal boek bekend

In die eerste verhaal van haar boek kry lesers ’n blink op die vernielde grondpaaie wat sy al gestap het, en die vernederings en moeilik tye wat sy al moes verduur het.

Die kort verhaal boek, Katariena Katrien Katryn, van me. Suzanne Volschenk-Walsh, wat ’n lewensskets van haar lewe is, maar ook ander lewenservaring-verhale bevat, was haar geskenk aan haarself vir haar 50ste verjaarsdag.

“Dit was nooit my bedoeling gewees dat dit ’n boek moet wees nie, maar soos ek die woorde neergepen het en dit meer en meer geword het, wou ek dit met ander deel,” het me. Volschenk-Walsh aan die Hoëvelder vertel.

As kind het me. Volschenk-Walsh opstelle vir sakgeld geskryf en sy het vertel dat as sy nou terugdink het haar liefde vir skryf toe al begin.

In die eerste verhaal van haar boek kry lesers ’n blink op die vernielde grondpaaie wat sy al gestap het, en die vernederings en moeilik tye wat sy al moes verduur het.

Sy het haar boek afgesluit met haar verhaal van ’n tornado wat deur hulle plaas beweeg het, en sy steeds God se beskermde hand oor haar gesien het.

“Ek het nie ’n spesifieke tyd wat ek sit en skryf nie, ek skryf as ek hartseer is en ek skryf as ek opgewonde is.

Op ’n manier is ek altyd besig met die een of ander storie in my kop, dis deel van wie ek is,” het me. Volschenk-Walsh afgesluit.

Haar boek sal eersdaag by die Crete Crazy Village beskikbaar wees en kan ook direk by haar bestel word by paintmewithoil@gmail.com.

Lees die volledige berig in die volgende Hoëvelder.

 

Related Articles

Back to top button