Local newsNews

Sue Nell vir derde termyn as voorsitter van VLU-tak gekies

Me. Nel sien uit na die jaar wat voorlê en beoog om op nuwe en jonger lede te fokus. Sy het vertel dat enige meisie vanaf die ouderdom van 16-jaar by die tak kan aansluit.

Me. Sue Nell is onlangs vir haar derde termyn as voorsitter van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Talento Mulher-tak verkies.

Dit het gekom nadat me. Ans Barnard, haar bedanking ingegee het om by haar kinders te gaan aftree.

Die dinamiese vrou het in 2000 by die unie aangesluit, en het nog nooit terug gekyk nie.

Me. Nell was in haar jonger jare ook deel van die “Women’s Institute” in Empangeni.

Sy is in 2010 vir die eerste keer verkies as voorsitter en het ook in die termyn die beker vir die voorsitter van die jaar in die Tambuki-streek, ontvang.

“Dit het my baie bemoedig om te weet dat mense die klein goed wat jy doen wel raak sien. Ek het dit glad nie verwag om die beker te wen nie,” het me. Sue Nell gesê.

Sy geniet dit om nuwe vaardighede aan te leer en het vertel dat die vroue in haar tak oor ‘n verskeidenheid van talente en vaardighede beskik wat hulle graag met mekaar deel.

Me. Nell het bygevoeg dat hoewel sy nooit borduurwerk kon doen nie, het haar belangstelling so gegroei dat sy vir haar ‘n borduurwerkmasjien aangeskaf het.

Haar kreatiwiteit ken geen perke nie en sy staan nie terug om ‘n nuwe uitdaging aan te pak nie.

“Die vriendinne wat ek al oor die jare by die VLU gemaak het, is hartsvriendinne en hoewel ons mekaar nie elke dag sien nie, kuier ons ‘n hond uit ‘n bos uit as ons mekaar weer sien,” het me. Nell vertel.

Sy beskryf die vroue van die VLU as haar familie en sy geniet dit om elke maand bymekaar te kom en mekaar aan te moedig om die beste vrou te wees en ander vroue op te hef.

Me. Nell sien uit na die jaar wat voorlê en beoog om op nuwe en jonger lede te fokus.

Sy het vertel dat enige meisie vanaf die ouderdom van 16-jaar by die tak kan aansluit.

“Ek glo in die woorde wat sê, gee vir ‘n man ‘n vis en hy eet vir ‘n dag, leer hom om vis te vang, en hy eet vir ‘n leeftyd.”

Sy het vertel dat hoewel mense dink dit is ‘n groep ou tannies wat net brei en hekel is die glad nie so nie, haar tak bestaan uit ‘n groep dinamiese vroue wat elkeen iets besonders by die tak bydrae.

Die kategorieë waaraan vroue kan deelneem by die VLU sluit nie net gebak in nie, maar ook handwerk, fotografie skryfwerk en soveel meer.

Enige vrou wat by die tak wil aansluit kan me. Sue Nell skakel by 084 889 8597.

Related Articles

Back to top button