KSA Suid-Hoëveld vier 16de verjaarsdag by Seekoeigat

Die vroue het die middag die kans gevat om te gaan swem, maar het mekaar met klere en al in die swembad gegooi.

Die KSA Suid-Hoëveld het onlangs die kampgroep se 16de verjaarsdag by Seekoeigat naby Loskopdam gevier.

Die bestuur is opgedeel en moes onderskeidelik die mense trakteur.

Mnr. Rassie Erasmus en me. Baba Maree was vir Vrydagaand se registrasie en kos verantwoordelik met heerlike lasagne en mengelslaai op die spyskaart.

Mnr. Barry Smit en me. Susan Erasmus het Saterdagoggend vir elkeen se eie sjampanje ontbyt gesorg en later die middag is die verjaarsdag koek geniet.

Die vroue het die middag die kans gevat om te gaan swem, maar het mekaar met klere en al in die swembad gegooi.

Die aand is daar om die kampvure heerlik aan braaivleis met stampmielies, ertjie slaai en bierbrood gesmul.

Die groep is Sondagoggend deur me. Hetta Liebenberg en me. Martie Jansen van Rensburg met koffie, koek, vleispasteie en souttertjies bederf.

Die groep se volgende kampnaweek sal plaasvind vanaf Vrydag, 26 April tot Sondag, 28 April by Koppisol vir die “Goefey Games 2019”.

Vir enige navrae skakel me. Susan Erasmus by 073 444 0855.

Exit mobile version