Local newsNews

Saretha Ferns bied “Get Real”-dienste aan vir tieners en jongmense van Ermelo

Die “Get Real”-dienste word deur me. Ferns wat ’n passie het om jongmense van Jesus te leer en om vir hulle hoop te gee, gelei.

Die Volle Evangelie Kerk van Ermelo het onlangs ‘n nuwe diens wat gerig is op die dorp se tieners en jongmense, gestig.

“Ons het besef daar is ‘n behoefte vir jongmense om saam te kuier in ‘n veilige omgewing,” het me. Saretha Ferns vertel.

Die “Get Real”-dienste word deur me. Ferns, wat ‘n passie het om jongmense van Jesus te leer en om vir hulle hoop te gee, gelei.

Sy glo dis tyd dat jongmense moet “real” raak oor hulle geloof.

Na die dienste kuier almal saam en kry die tieners ook die kans om onder andere tafeltennis, potspel en veerpyltjies te speel.

Sy het bygevoeg dat die dienste nie gedurende die vakansie sluit nie, maar dat hulle meer tyd spandeer om saam te kuier en mekaar te leer ken.

Die groep jongmense het op Sondag, 17 Maart almal om ‘n groot kampvuur gekuier en heerlike malvalekkers gebraai.

Die dienste vind elke Sondagaand om 5.30nm by die Volle Evangelie Kerk, by 60 Brummerstraat op Ermelo plaas.

Me. Ferns nooi alle tieners en jongmense van Ermelo om by die groep aan te sluit.

Skakel me. Saretha Ferns by 082 302 5335 vir meer inligting oor die “Get Real”-byeenkomste.

Related Articles

Back to top button