Local newsNews

#ErmeloHoëveldLandboufees: Woord van dank vanaf die skouvoorsitter

Dit was ’n skou wat onthou gaan word en waaroor daar nog lank van gepraat gaan word.

Wat kan ek sê, ons is so geseënd en die eer kom ons nie toe nie, maar aan ons Hemelse Vader, sonder Sy seëninge en beskerming sou dit nie moontlik gewees het nie.

Dit was ’n skou wat onthou gaan word en waaroor daar nog lank van gepraat gaan word.

Ek wil graag my dank uitspreek aan die volgende:

Die dagbestuur, vir julle insette en bydrae tot ’n suksesvolle skou, die hoofde wat aanstuur was van die volgende afdelings: Jannie by die perde, Molie en DC by die beeste, Theuns by die skape, Chene en Bok by die pluimvee, “well done” ouens!

Vir my twee regterhande, Maylene en Sonja dankie vir die lang ure wat julle ingesit het, die beplanning en dat ek op julle kon staatmaak, opregte woord van dank aan julle!

Baie dankie aan al ons borge, sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie: FNB, Pan Solutions, Alzu, Tony Mason, Supa Quick, Hardie Bande, Rietspruit Crushers, Bernard Scheepers, Msobo Myn, Hein Aucamp, Paul van Niekerk, JWL, Ermelo Motorspares, STR, Zenta Wentzel, West Street Inn, Ermelo Africa Sky en Winkelhaak.

Aan ieder en elk wat betrokke was by Oubaas se reëlings, julle weet wie julle is, baie dankie!

Spesiale dank aan die volgende persone; Bakkies, Leon, Corrie en sy seun, Alta, Elize, Anna, Josef, Karin, Herman, Wayne en Johan julle het uitstekende werk verrig.

Nico Joungficher en sy span, alles het hierdie jaar seepglad verloop, dankie ou mater.

Dankie aan ons plaaslike SAPD, Kol Ngobo, kapt. Corne Kemp en julle span vir misdaadbekamping asook ACSU vir die sekuriteit tydens die skou.

Koos Renison dankie vir die instandhouding tydens die skou.

Dankie aan Yolandie Terblanche dat jy as MC vir die drie dae gewillig was om ons te help asook die reëlings rondom die plaaslike vermaak op die verhoog.

Ek hoop jou CD is een van die dae op die rak.

Zander Greysen, Gerda en Mariëtte Oosthuizen, Vintages Café, Maruis Olivier en Jaco Johnstone, MNE Verhurings, Fire & Signs, FC Benecke, JJ Stolz, Auto Stage Productions en R & LU Noodhulp.

Die aktiwiteite op die arena en veral die Rodeo, was ’n eerste vir ons skou en het gesorg vir uitmuntende vermaak vir die skougangers.

Spesiale dank aan Oubaas en Adam vir al die reëlings, dit moes baie van julle tyd inbeslag geneem het, ek waardeer dit opreg. Ek wonder net wat Oubaas beplan vir 2020.

’n Opregte woord van dank ook aan ons gemeenskap dankie vir julle ondersteuning veral in hierdie moeilike ekonomiese jaar, nie net as toeskouers nie, maar vir al julle hulp en bydrae deur die jaar. Ek is opreg trots op Ermelo en sy inwoners.

Dankie ook vir ons plaaslike munisipaliteit vir julle bydrae tydens die skou, sowel as vir ons plaaslike media vir al julle bydrae en dat julle gesorg het dat diegene wat nie die skou kon bywoon nie, tog deel kon voel daarvan.

Die gebrul van enjins deur “4×4 Extreme”, Johan en sy span wat ook ’n eerste was en genoeg stof verskaf het, dankie julle.

Dankie vir al die kos stalletjies en die Errie restaurant wat gesorg het vir smaaklike kos, vir die soet-tande was daar verseker genoeg om van te kies.

Dankie aan ons skoustal, Kameel, vir die heerlike etes voorsien aan ons kunstenaars.

Ek dink ons het hierdie jaar ook goeie vermaak vir die kleingoed gehad ten opsigte van bykomende vermaak vir kinders.

Dankie aan ons getroue nar “Boeboe”, asook die “merry-go-round” wat al vir jare ons kinders vermaak en besig hou.

Baie dankie aan Hannes en Johan vir ons terrein en badkamers wat julle so mooi skoongehou het.

Ons binne en buite uitstallers was van hoë gehalte, ek vertrou ook dat die kunstenaars wat ons hierdie jaar vermaak het in elkeen se smaak was.

Ek sluit af met Sondag se Gospelfees wat ’n eerste vir Ermelo was en ook nie die laaste een nie. Baie dankie ds. Dirkie van der Spuy vir die wonderlike boodskap wat u vir ons gebring het.

Baie dankie ook aan Antonie Tollig en sy span wat die lofprysing behartig het, ek het ’n knop in my keel gekry toe die gehoor aangedring het vir nog “Worshipping”.

Weereens ’n groot dankie vir elkeen se bydrae, dit word hoog op prys gestel.

’n Geseënde jaar word vir ons gemeenskap en besighede toegewens vanaf die skoukantoor.

Jan Kirk
Skouvoorsitter

Sien ook fotos hier:

DAG 1:

https://highvelder.co.za/75922/gallery-ermelo-hoeveld-landboufees-dag-1/

DAG 2:

https://highvelder.co.za/76104/gallery-ermelo-hoeveld-landboufees-dag-2/

DAG 3:

https://highvelder.co.za/76105/gallery-ermelo-hoeveld-landboufees-dag-3/

Related Articles

Back to top button