Local newsNews

Susan Absmeier van Ermelo vier 93ste verjaarsdag saam met vriende en familie

Haar geheim vir ’n gelukkig lewe is om ’n gelukkige hart te hê en te doen waarvoor jy lief is.

Me. Susan Absmeier het Woensdag, 20 Februarie, haar 93ste verjaardag saam met vriende en familie gevier.

Haar skoondogter, me. Jeanne Vermeulen het haar huis oopgestel met heerlike eetgoed vir die feesviering van haar skoonma se groot verjaardag.

Sy is in 1926 in Potchefstroom gebore.

Me. Absmeier het in Brakpan gebly, waarna sy na die dood van haar man in die Kaap by een van haar kinders gaan bly het en onlangs na haar seun in Ermelo verhuis het.

Sy het vier kinders en is ook die trotse ouma van sewe kleinkinders asook sewe agterkleinkinders.

Haar geheim vir ‘n gelukkige lewe is om ‘n gelukkige hart te hê en te doen waarvoor jy lief is.

“My lewe sal ek beskryf as vreugdevol, vol liefde en geluk,” het me. Absmeier gesê.

Sy vul nog gereeld Suduko en blokraaisels in en lees graag tydskrifte.

Me. Vermeulen beskryf haar skoonma as ‘n baie besige mens wat op haar ouderdom nog lewenslustig is.

Dit is vir hulle ‘n voorreg om hulle ma op die ouderdom nog by hulle te kan hê.

“Een van die vriendinne wat die verjaarsdag bygewoon het, wou ‘n brief skryf aan me. Absmeier maar het vooraf gebel en gevra of sy dit nog sal kan lees en verstaan, ” het me. Vermeulen laggend vertel.

Sy het bygevoeg dat mense nie kan glo dat haar skoonma al 93 jaar oud is nie. Sy skryf dit toe aan haar gesonde leefstyl en aktiewe lewe.

“Die belangrikste is dat jou denke reg moet wees en jou geloof moet selfs sterkter wees.”

Haar raad vir ander is om altyd eensgesind en aanpasbaar te wees.

Sy het haar dank uitgespreek teenoor haar Skepper wat haar gespaar het om op die rype ouderdom nog gesond en geliefd te kan wees.

Related Articles

Back to top button