Local newsNews

Ermelo gemeenskap staan saam om JP Putter se operasies ’n moontlikheid te maak

JP se eerste operasie vind reeds Maandag, 27 Mei plaas, waartydens sy sagte verheemelte en spiere geheg word, asook die rekonstruksie van die kleintongetjie.

JP Putter wat Vrydag, 21 Desember in Ermelo Provinsiale Hospitaal met ‘n gesplete lip en verhemelte gebore is, se eerste afspraak by die ‘facial cleft deforming clinic’, waar daar ‘n mondplaatjie aan hom geskenk is om sy voeding te verbeter, het goed verloop.

Hy het keel opgesit tydens die meet en pas van die afdrukke om die plaatjie te maak, maar hy het die plaatjie dadelik aanvaar en met dit in sy mond aan die slaap geraak.

“Sy huil en skree klink sommer nou heeltemal anders met die plaatjie in sy mond. Hy klink nou soos ‘n regte babatjie,” het sy ma, me. Carina Putter laggend vertel.

By die kliniek is daar ‘n span personeel wat met elke kind werk wat ook ‘n pediater, sielkundige en audioloog insluit.

Met die gesin se laaste besoek aan die kliniek het hulle toestemming gegee om bloed te trek sodat dit weggestuur kan word, om die oorsaak van sy splete te bepaal.

Daar is ook pleisters wat op sy gesiggie geplak word om die splete nader aan mekaar te trek en help om die regter kant van sy neusie oop te trek wat weer sy asemhaling verbeter. Die pleisters sal die resultate van die operasies verbeter.

Professor Kurt Bütow het aan die gesin verduidelik wat elke operasie behels en ook dat JP moontlik slegs vier operasies sal ondergaan op vyf maande, sewe maande, nege jaar en 14 jaar.

JP se eerste operasie vind reeds Maandag, 27 Mei plaas, waartydens sy sagte verheemelte en spiere geheg word, asook die rekonstruksie van die kleintongetjie.

Sy volgende operasie sal Maandag, 29 Julie op sewe maande plaasvind.

Me. Carien Putter en JP Putter ontmoet die leerders van de Bruin Park Speelskool nadat daar ’n muntlegging by dié skool vir hom gehou is. (Foto verskaf)

Kleuterskole in Ermelo het saamgespan en ‘n muntlegging vir JP gehou om gelde vir sy operasies in te samel.

Die kleuterskole wat bygedra het is, Ouma Thea se Babalela speelskool, De Bruin Park Speelskool, Rosy se skool, Sonstraaltjies en Wilgers voorskool.

“Ons is so geseënd met almal wat al ‘n bydrae gelewer het om JP te help, ons waardeer elkeen se bydrae.”

‘n Jo-jo tenk sal by die Hoëveld Landboufees wees, waar feesgangers ‘n bydrae kan maak vir JP se uitgawes.

Die voorlopige kostes waarvoor die egpaar verantwoordelik is vir twee operasies, en die kostes beloop tans ongeveer R89 687,67.

Die mediesefonds wat die egpaar tans beskik, betaal slegs sekere prosedures en dokters, daarom is daar ‘n trustfonds by Pas-prokureurs geopen om geld in te samel vir die operasies wat op die klein lyfie wag.

Die rekening word kosteloos deur die maatskappy behartig en alle donasies word aangewend vir die mediese uitgawes van JP.

Die rekening waarin donasies gemaak kan word is;

Pieter Stoffberg Ingelyf Trust,

Trustrekening,

FNB,

Ermelo,

Rekeningnommer: 62092150326,

Takkode: 270344,

Verwysing: JP Putter.

Sy ouers het ‘n Facebook-bladsy met die naam “Donate a smile for JP Putter” oopgemaak waarop sy vordering gevolg kan word.

Lees ook:

https://highvelder.co.za/73972/jp-putter-van-ermelo-gebore-met-n-gesplete-lip-en-verhemelte/

Related Articles

Back to top button