MunicipalNews

Munisipaliteit herstel bejaarde inwoner op Ermelo se huis na maande se gesukkel

Me. Botha se bad was elke oggend bestrooi met vuilgoed wat vanuit die gat in die badkamer se plafon inval, maar haar badkamer lyk vandag splinternuut met ’n stort wat die bad vervang het, die toiletbak is reggemaak en die plafonne is haar huis is almal oorgedoen.

Me. Ria Botha, ‘n bejaarde inwoner van die een van die munisipale huise in Jan van Riebeeckstraat wat bykans twee weke sonder water gelaat is, glimlag vandag breed, nadat munisipale-werkers haar huis in die afgelope drie weke begin herstel het.

Nadat die Hoëvelder asook inwoners van Ermelo die saak onder die munisipaliteit se aandag gebring het, het werkers vroeg Saterdagoggend, 26 Januarie ingespring en met herstelwerk begin.

Sy het vertel dat die span wat aan haar huis gewerk het fantasties was en het lang ure gewerk om die huis spoedig te herstel.

“Hulle is omstreeks 7vm in die oggende al by my huis en het sommige aande eers na 7nm die perseel verlaat,” het me. Botha vertel.

Volgens haar het een van die werkers vir haar vertel dat haar plafonne in so slegte toestand was, dat dit enige tyd sou ingee.

Die huis is binne en buite geverf en haar geute om die huis is herstel en geverf. Die werkers het ook haar veiligheidshek herstel en nuwe deure is opgesit.

Me. Ria Botha is dankbaar teenoor elkeen wat bygedra het dat haar huis herstel word. Haar huis is onlangs ook geverf en die geute is oorgedoen.

Me. Botha se bad wat elke oggend bestrooi was met vuilgoed wat vanuit die gat in die badkamer se plafon inval het, lyk vandag splinternuut met ‘n stort wat die bad vervang, die toiletbak is reggemaak en die plafonne is haar huis is almal oorgedoen.

“Hulle was gaaf genoeg om ook ‘n reëling by die trappies aan te bring wat dit makliker maak as ek met swaar inkopies die trappe moet klim.”

Sy het haar dank uitgespreek teenoor die span wat die herstelwerk aan haar huis gedoen het asook elke inwoner wat haar ondersteun het gedurende die tyd wat sy sonder water gesukkel het.

Die Hoëvelder het navrae by Msukaligwa Munisipaliteit gedoen oor die instandhouding en herstel van die ander huise op die perseel, maar het geen terugvoering is ontvang teen druktyd nie.

Lees ook:

https://highvelder.co.za/74989/bejaarde-inwoner-op-ermelo-se-huis-kraak-van-waterlek/

Related Articles

Back to top button