CrimeNews

’n 15-jarige dogter van Ermelo is gedreig met ’n mes en langs die N11 verkrag

“Een van die passasiers het uitgeklim en haar met ’n mes gedreig terwyl sy na die kar gesleep is. Hulle het op die Hendrina pad uit gery.” het kapt Prinsloo gesê.

Ermelo Polisie ondersoek ‘n klag van verkragting nadat ‘n 15-jarige dogter Woensdag, 13 Februarie op die Hendrina-pad gedreig en verkrag is.

Volgens kapt Carla Prinsloo, woordvoerder van Ermelo Polisie was sy ongeveer 8vm oppad na haar ouma se huis, toe ‘n swart VW Golf langs haar gestop het.

“Een van die passasiers het uitgeklim en haar met ‘n mes gedreig terwyl sy na die kar gesleep is.

“Hulle het op die Hendrina-pad uit gery,” het kapt Prinsloo gesê.

Een van die verdagtes het haar langs die pad met die mes gedreig en haar verkrag terwyl die ander verdagtes toegekyk het.

Lees ook:

https://highvelder.co.za/74476/womans-body-found-shallow-grave-badplaas-one-arrested-badplaas/

Related Articles

Back to top button