Skole in Ermelo staan saam om gelde vir Jp Putter in te samel

Die skole wat deelgeneem het aan die muntlegging is Wilger Voorskool, Rosie se speelgroep, Ouma Thea se Babalelas, De bruinpark Speelskool en Sonstraaltjies.

Kleuterskole in Ermelo het die afgelope week ’n muntlegging gehou om by te dra vir die fondse wat benodig word vir JP Putter se komende operasies.

Die skole wat deelgeneem het aan die muntlegging is Wilger Voorskool, Rosie se speelgroep, Ouma Thea se Babalelas, De Bruinpark Speelskool en Sonstraaltjies.

JP Putter is op Vrydag, 21 Desember in Ermelo Provinsiale Hospitaal met ’n gesplete lip en verhemelte gebore.

Die vorming van die lip en die verhemelte is ’n baie komplekse proses wat gedurende die eerste drie maande van swangerskap plaasvind.

Die mediesefonds wat die egpaar tans beskik, betaal slegs sekere prosedures en dokters, daarom is daar ’n trustfonds by Pas-prokureurs geopen om geld in te samel vir die operasies wat op die klein lyfie wag.

Die ouerpaar het elke skool en leerder bedank vir die gelde wat ingesamel is om JP se operasies moontlik te maak.

Leerders van de Bruinpark Speelskool hou ’n muntlegging om gelde vir JP Putter wat met ’n gesplete lip en verhemelte gebore is, in te samel. Die skool gaan die totale bedrag wat ingesamel word 10 keer verdubbel. (Foto: Verskaf)

 

 

Lees ook:

https://highvelder.co.za/73972/jp-putter-van-ermelo-gebore-met-n-gesplete-lip-en-verhemelte/

Exit mobile version