NewsSchools

Ermelo Hoërskool se Landbouleerders besoek Boeredag op Amersfoort

Daar was praktiese demonstrasies van die seleksieproses, asook van verskeie implemente.

Die graad 10-Landbouleerders van Hoërskool Ermelo het Woensdag, 13 Februarie hul eerste uitstappie vir die jaar geniet.

Hulle het die Boeredag wat deur die Drakensberger teelersgenootskap aangebied is, op Amersfoort by mnr. Petrus Taljaard se plaas bygewoon.

Die leerders het geleer van seleksie in veeboerdery, eienskappe wat belangrik is in teling van vee, siekteverspreiding en beheer, asook versorging van vee.

Daar was praktiese demonstrasies van die seleksieproses, asook van verskeie implemente.

Die Erries is dankbaar vir die onvergeetlike ervaring en bedank graag die Drakensbergergenootskap en mnr. Petrus Taljaard vir die geleentheid.

Die groep graad 10-landbouleerders van Hoërskool Ermelo tydens die opedag. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button