MunicipalNews

Bejaarde inwoner op Ermelo se huis kraak van waterlek

Volgens haar is die water van die pyp wat lek op die sypaadjies langs haar huis en het sy die probleem al die afgelope 15 jaar op ’n gereelde basis by die munisipaliteit aangemeld.

‘n Jare lange bejaarde inwoner van Ermelo het Dinsdag, 5 Februarie haar misnoë teenoor die plaaslike munisipaliteit uitgespreek oor ‘n waterpyp wat op haar sypaadjie lek.

Tydens die Hoëvelder se besoek aan haar huis is daar gesien hoe water onderdeur haar huis deursyfer en aan die kant van haar huis verby stroom.

Volgens haar kom die water van die pyp wat lek op die sypaadjies langs haar huis.

Sy het die probleem al die afgelope 15 jaar op ‘n gereelde basis by die munisipaliteit aangemeld. Sy vermoed dat die pyp water verskaf vir die brandkraan naby haar huis.

Me. Marlene Olivier kla al die afgelope 15 jaar oor ’n waterpyp wat lek en water wat onderdeur haar huis syfer. Haar huis se mure het al begin kraak en die vloere het gesak.

“Elke keer as ek die probleem aanmeld, kom daar werkers en ek vermoed hulle draai net die stopkraan toe wat die lekasie by die pyp verminder maar nie stop nie,” het me. Marlene Olivier aan die Hoëvelder vertel.

Sy het ook vertel dat haar huis besig is om te kraak van al die water wat permanent onderdeur haar huis stroom, haar vloere reeds gesak het en dat die teëls in haar huis breek van die vloere wat sak en kraak.

“Ons het so ongeveer twee jaar gelede ‘n gat in die erf gegrou van ongeveer 30cm voor die water begin uitstroom het.”

Die hoenderhok aan die agterkant van haar werf is sopnat en sy is bang dat haar hoenders siektes sal optel van die water wat permanent daar opgaar.

“Ek is moeg om te kla oor die pyp en die klagtes val op dowe ore.”

Die Hoëvelder het navrae by Msukaligwa Munisipaliteit gedoen oor die waterpyp wat lek, maar geen terugvoering is teen druktyd ontvang nie.

Me. Marlene Olivier se honderhokke is permanent onder water.

Related Articles

Back to top button