NewsSchools

Ermelo Hoërskool se graad 8-baadjieseremonie maak Errie graad 8’s van Pion tot Koning(in)

Elke graad 8 skryf ook hulle naam en indruk van die EHS in die Alma Mater-tradisieboek na die erekode-seremonie.

Elke graad 8-leerder van Ermelo Hoërskool het gedurende die eerste week hul baadjies aan ‘n hanger rondgedra as deel van die Erries se oriënteringsprogram.

Die program is daar gestel om elke graad 8-leerder te leer hoe die Erries is en funksioneer.

Die afgelope naweek het die oriënteringskamp plaasgevind waar die graad 8-pionne na ‘n Vrydag vol leer en aktiwiteite, ‘n toets geskryf het oor EHS.

Hierna het elke leerder die erekode van EHS onderteken in die tradisiekamer waarna ‘n hoofleier die skoolbaadjies vir die graad 8s aangetrek het.

Dit is simbolies dat die graad 8-leerders nou ‘n volwaardige Errie is en met trots die baadjie kan dra.

Die tradisie is in 2012 begin en maak steeds jaarliks ‘n groot indruk op elke kind.

Elke graad 8-leerder skryf ook hulle naam en indruk van die EHS in die Alma Mater-tradisieboek na die erekode-seremonie.

Wanneer die leerder die skool verlaat, skryf hulle die datum asook ‘n uittreewoord langs hulle name.

Francois du Plessis, EHS se hoofseun vir 2019, het die voorreg om sy sussie, Zané, se baadjie vir haar aan te trek. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button