GeneralLocal newsNews

Back2Back-motorfietsgroep bederf kinderhuise op Ermelo met Kerspartytjie

Met die uitdeel van die geskenke moes elke besoekers die trane keer met die opgewonde gesiggies wat straal van vreugde.

Die Back2Back Motorfietsgroep het Saterdag, 15 Desember ’n Kerspartytjie vir die kinderhuise op Ermelo by die Rotariërsklub op die skouterrein aangebied.

Die kinders het die springkastele, hamburgers en skyfies, gesigverf en lekkergoedpakkies geniet.

Me. Jessica Abbott wat die partytjie gereël het, het haar dank uitgespreek teenoor elkeen wat betrokke geraak het om van die dag ’n sukses te maak.

“Ons gaan dit beslis ’n jaarlikse instelling maak en sien uit na wat die jaar vir ons inhou,” het me. Abbott gesê.

Die Final Few Motorfietsklub het die dag opgehelder met die teenwoordigheid van hul motorfietse.

Die seuns en dogters het opgewonde in rye gestaan en hulle beurt afgewag om saam met mnr. Johan Opperman op sy motorfiets te ry.

Met die uitdeel van die geskenke, moes elke besoeker die trane keer met die opgewonde gesiggies wat gestraal het van vreugde.

“Dit raak aan jou hart om te besef dat die kinders elke geskenk so opreg waardeer.”

Related Articles

Back to top button