NewsSchools

Karel Kameelperd kleuterskool op Ermelo bederf ander die Kersseisoen

Elke leerder in die skool het ’n spesiale geskenk op gemaak wat tydens die Back2Back motorfietsgroep uitgedeel is.

Die kinders van Karel Kameelperd Kleuterskool het vanjaar besluit om hul Kersgeskenke wat jaarliks by die skool uitgedeel word, te deel met die kinders van die kinderhuise op Ermelo.

Dit het gekom nadat die skool van die Back2Back-motorfietsgroep se Kerspartytjie gehoor het en besluit het om ook hulle deel te doen vir die kinders.

Elke leerder in die skool het ‘n spesiale geskenk opgemaak wat deur die Back2Back-motorfietsgroep uitgedeel is.

Die onderwysers het ook gesorg dat elke huismoeder en werker ‘n geskenk ontvang.

“Dit is lekker om te weet dat ons geskenke ‘n ander maatjie se hart bly gaan maak,” het een van die kinders gesê.

Een van die onderwysers het bygevoeg dat die kinders baie opgewonde was om die geskenke vir ander te gee.

Die skool het elke ouer bedank wat deelgeneem het aan die inisiatief om ander se Kersfees op te helder.

Die skoolhoof, me. Elize van der Heever, het ook Blomme vir Almal en Pick n Pay bedank.

Die kinders van Karel Kameelperd Kleuterskool saam met me. Rosie Venter, me. Deidré Allers, me. Sandra Jacobs en me. Jane Dlamini met die geskenke wat hulle vir die kinders van die kinderhuis ingesamel het.

 

Related Articles

Back to top button