Vunene Myn vier 4 000 sterftevrye produksieskofte en Wêreld Vigsdag

Tydens die demonstrasie is daar gewys hoe ’n voertuig se deure oopgebreek word en hoe die dak van ’n voertuig afgehaal word tydens ‘n reddingsoperasie.

Vunene Myn het Woensdag, 5 Desember hulle 4 000 sterftevrye produksieskofte en Wêreld Vigsdag gevier.

As deel van die vermaak vir die dag, het Msukaligwa Vuur- en Reddingsdienste ‘n reddingsdemonstrasie gedoen. Ermelo Insleepdienste het ‘n wrak vir die demonstrasie verskaf.

Tydens die demonstrasie is daar gewys hoe ‘n voertuig se deure oopgebreek word en hoe die dak van ‘n voertuig afgehaal word tydens ‘n reddingsoperasie.

Die senior inspekteur van myne, mnr. Herbert Netshikweta, het die personeel toegespreek oor veiligheid tydens die feestyd en me. Felicia Peniston het gepraat oor vroue in mynbou.

Die Department van Gesondheid het ‘n mobiele kliniek vir die dag verskaf om gratis HIV/AIDS-toetse, bloeddruk en diabetes toetse te doen.

Die span van Msukaligwa Vuur- en Reddingsdienste lewer ‘n veiligheidsdemonstrasie tydens die viering van Vunene myn se 4 000 sterftevrye produksieskofte. (Foto verskaf)
Exit mobile version