Local newsNews

Back2Back motorfiets-groep deon beroep op gemeenskap om kinderhuis se kerspartytjie ’n suskes te maak

“Ons wil die kinders weer laat uitsien na Kersfees, hulle spesiaal laat voel en wys dat daar wel mense is wat vir hulle omgee.”

Die Back2Back motorfiets-groep in Ermelo, in samewerking met die Final Few motorfietsryers is reeds hard aan die werk om als in plek te kry vir die Kerspartytjie wat hulle vir die kinderhuise op Ermelo gaan aanbied.

Die groep het na ‘n besoek aan die kinderhuis, besluit om vanjaar ‘n Kerspartytjie vir die kinders te reël.

“My hart was so seer om te besef dat Kerstyd vinnig naderstap en te weet dat daar soveel kinders in Ermelo is vir wie dit net nog ‘n gewone dag gaan wees,” het me. Jessica Abbott in ‘n vorige gesprek met die Hoëvelder gesê.

“Daar is tans 30 kinders in die huise, waarvan die jongste slegs vier weke oud is.

“Ons wil die kinders weer laat uitsien na Kersfees, hulle spesiaal laat voel en wys dat daar wel mense is wat vir hul omgee.”

Daar is besluit om ‘n skoenboksprojek aan te pak om vir die 30 kinders in die huise elkeen ‘n spesiale geskenk tydens die partytjie te kan gee.

Hulle benodig die hulp van die gemeenskap om die laaste goedjies vir die geskenke in te samel.

Daar is ‘n behoefte aan speelgoed vir seuns tussen die ouderdom van drie en 13 asook badseep en lyfroom vir dogters.

Sy doen graag ‘n beroep op enige iemand wat bereid is om die 35 hamburgers en skyfies vir die dag te borg om haar te skakel vir meer inligting.

Die partytjie sal vandag, 15 Desember by die Rotariërs-klub se perseel, op die skouterrein plaasvind en me. Abbott nooi almal in die gemeenskap om betrokke te raak by die projek.

Hulle het Gear Up, JJ’s Car Keys & Diagnostics, Melrow Apteek, Ermelo Suzuki en die Rotariërklub bedank vir die bydrae tot die Kerspartytjie.

Enige iemand wat by die projek wil betrokke raak of idees het vir die Kerspartytjie, kan me. Abbott skakel by 063 644 9268.

Van die skoenboks-geskenke is reeds voltooi vir die Kerspartyjtjie wat deur die Back2Back motorfietsgroep en die Final Few motorfietsryers vir die kinderhuise op Ermelo beplan is.

Related Articles

Back to top button