Local newsNews

Ladies Circle en Suid-Afrikaanse Bloeddiens bied suksesvolle “Jail en Bail” aan

Met die feesseisoen wat voorlê is die aanvraag vir bloed hoër as gewoonlik en is dit ’n uitdaging vir die bloeddienste om genoeg voorraad in tesamel.

Die Ladies Circle van Ermelo in samewerking met die Suid-Afrikaanse Bloeddiens, het Vrydag, 30 November hul jaarlikse “Jail en Bail” gehou.

Mense word in hegtenis geneem en gevonnis tot ‘n sekere aantal pinte bloed en sodra hulle dié aantal deur middel van vriende en kollegas ingesamel het, is hulle vry om te gaan.

Elke skenker het ‘n geskenk van die bloeddiens ontvang.

Die SANBS is ‘n nie-winsgewende organisasie wat slegs op die hulp van skenkers staatmaak.

Met die feesseisoen wat voorlê, is die aanvraag vir bloed hoër as gewoonlik en is dit ‘n uitdaging vir die bloeddienste om genoeg voorraad in te samel.

As u minste 50kg of meer weeg en tussen die ouderdom van 16 en 65 is, ‘n goeie gesondheid handhaaf, ‘n veilige seksuele leefstyl het en jou bloed as veilig beskou, rol jou moue op en gee die gawe van lewe gedurende die Kerstyd.

Een skenking kan ‘n verskil maak in die lewens van drie mense.

Related Articles

Back to top button