GeneralLocal newsNews

VLU Talento Mulher-tak sluit die jaar af

Die tak se lede het weer terug by die huis bietjie meer van mekaar geleer terwyl daar geskenke oopmaak is, elke lid moes dieselfde geskenkies vir almal in die tak maak.

Die Vroue Landbou-unie (VLU) Talento Mulher-tak het na ’n bedrywige jaar Saterdag, 24 November hul jaarafskeidfunksie geniet.

Die vroue se dag het met ’n koffie en skons by Tasso’s in Ermelo afgeskop, waarna hulle na Chrissiesmeer vertrek het. Hulle het onder die oeroue bome gekuier, waar daar spookstories na middagete vertel is.

“Ons het nog met hoendervleis op ons lywe die pad huistoe aangepak.” het een van die lede vertel.

Die tak se lede het weer terug by die huis bietjie meer van mekaar geleer terwyl daar geskenke oopmaak is. Elke lid moes dieselfde geskenkies vir almal in die tak maak.

“Dit was baie spesiaal, want die lekkerte daarvan was dat dit iets is waarvan jy hou om te maak en almal geniet dit om jouself te deel met die ander lede.”

Die VLU-tak sien uit na ’n rustige 2019, met al die harde werk van vanjaar agter die rug.

“Dankie aan almal wat ons ondersteun het gedurende die jaar, sonder julle sou ons nie ons konferensie volgende jaar kon aanbied nie. Dankie ook aan die Hoëvelder vir al die mooi en positiewe berigte wat die koerant oor ons takke geplaas het.” het me. Ans Barnard, VLU Talento Mulher se voorsitter, afgesluit.

Related Articles

Back to top button