Local newsNews

Gemeenskap stap saam om Kansa te ondersteun en kankerbewustheid te bevorder

Die jaarlikse pretloop word gehou om geld in te samel vir KANSA en ook as ’n kankerbewustheids veldtog.

’n Groep inwoners het Vrydag, 9 November omstreeks 5.30vm aangetree by Mediclinic Ermelo vir die jaarlikse kankerstap.

Die oggend is afgeskop met gebed, waarna die deelnemers weggetrek het om die nuwe roete wat uitgelê is, aan te durf.

Om die mense wat kanker geklop het te eer, het elkeen van hulle ’n “survivor-sash” gekry om te dra.

Die jaarlikse pretloop word gehou om geld in te samel vir Kansa en ook as ’n kankerbewustheidsveldtog.

Vanjaar se tema was Borskanker.

Me. Rethia Naude het aan die Hoëvelder vertel dat die kankerstap in 2000 deur ’n groep vroue van die Mediclinic Ermelo begin is, om elke kankerleier en “survivor” te ondersteun met die pad wat hulle besig is om te stap.

Die sowat 50 mense het die staptog in die goeie gees aangepak.

Die stappers is na die roete bederf met ’n geskenk van hul keuse. Elkeen het ook ’n koopbewys vir ’n pienk melkskommel van Ermelo Milky Lane ontvang.

Stappers glimlag breed met die wegtrek van die kankerstap.
Stappers ontvang hulle koopbewys vir ’n pienk melkskommel van Ermelo Milky Lane.

Related Articles

Back to top button