Local newsNews

Ermelo-skoukomitee reeds hard aan die werk

Die Ermelo-skoukomitee het verlede Woensdagaand hul algemene jaarvergadering gehou.

Die Ermelo-skoukomitee het Woensdagaand, 31 Oktober om 6pm hul algemene jaarvergadering by die skoukantoor gehou.

Met ‘n terugblik op 2017 het die voorsitter, mnr. Jan Kirk, al die lede bedank vir hul bydrae en harde werk die afgelope jaar.

Reëlings vir volgende jaar se skou is reeds onderweg en die kunstenaars is al bespreek.

Mnr. Jan Kirk is weer verkies as die voorsitter van die skoukomitee, me. Silvija Breytenbach is as vise-voorsitter aangestel en mnr. Carel Jacobz is as die tesourier verkies.

Die dagkomitee bestaan uit mnr. Wally van der Walt, me. Leana Steenkamp, mnr. Dave Harris en mnr. Adam Barnard.

Die komitee is baie opgewonde oor volgende jaar se skou en sien uit na die uitdagings wat voorlê.

Hul beloof dat dié fees weereens ‘n hoogtepunt op almal se kalender sal wees.

Skougangers kan uitsien na top kunstenaars op die skouverhoog.

Die skoukomitee vir vanjaar is (voor) mnr. Carel Jacobz (tesourier), mnr. Jan Kirk (voorsitter) en me. Silvija Breytenbach (ondervoorsitter). Agter is mnr. Wally van der Walt, me. Leana Steenkamp, mnr. Dave Harris en mnr. Adam Barnard wat op die dagbestuur dien.

Related Articles

Back to top button