Local newsNews

Nuwe AfriForum Ermelo-takbestuur beoog om op veiligheidskwessies en gemeenskapsgedrewe projekte te fokus

“Die Ermelo-tak sal in die toekoms spesifiek op veiligheidskwessies en gemeenskapsgedrewe projekte fokus.”

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag, 31 Oktober ‘n nuwe bestuur vir die Ermelo-tak verkies.

Die nuwe takbestuur bestaan uit mnr. Renier van Heerden (voorsitter), mnr. Frikkie du Plessis (ondervoorsitter), me. Mandy Kleynhans (sekretaris), mnr. Stiaan Prinsloo (tesourier), mnr. Louis Geldenhuys (veiligheidsvoorsitter), mnr. Francois Pienaar (veiligheidskomitee) en mnr. Heinrich Janse van Rensburg (veiligheidskomitee).

Die bestuur is baie trots om deel van AfriForum te wees en is gereed om hul take aan te pak.

Mnr. Renier van Heerden het gesê dat hy en die nuwe bestuur daarna uitsien om ‘n verskil in Ermelo se gemeenskap te maak.

“Die Ermelo-tak sal in die toekoms spesifiek op veiligheidskwessies en gemeenskapsgedrewe projekte fokus.”

AfriForum doen ‘n beroep op die gemeenskap van Ermelo om by dié tak aan te sluit.

Mnr. Bronwen Pretorius, mnr. Renier Van Heerden, me. Mandy Kleynhans, mnr. Frikkie Du Plessis en mnr. Stiaan Prinsloo is deel van die nuwe AfriForum Ermelo-tak bestuur. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button