Local newsNews

Louis Bates lê die leisels van Mpumalanga Atletiek en Landloop neer

Oor die agt jaar wat mnr. Bates aan stuur was van die Mpumalanga Atletiek en Landloop het die provinsie 318 medaljes vir atletiek verower.

Mnr. Louis Bates is ‘n bekende gesig op Breyten veral in atletiek en landloop kringe.

Hy is sedert 2013 die hoof van Laerskool Breyten, waar hy die skool lei om in alles wat hulle aanpak net hul beste te doen. Mnr. Bates het in 2011 by die Mpumalanga Atletiek en Landloop betrokke geraak, waar hy as die voorsitter op die komitee gedien het.

Hy het vertel dat die vorige jaar ‘n moeilik jaar was en dat hulle slegs drie medaljes in die jaar kon wen en daar baie probleme was met vervoer, verblyf en klere vir die provinsiespan.

Na die verkiesing is daar deur me. Alet van der Merwe voorgestel dat mnr. Bates as voorsitter moet optree tot die amptelike verkiesing.

In 2011 het die provinsie onder die leiding van mnr. Bates baie goed presteer en was hulle slegs 30 punte agter die top provinsiespan.

“Kate-Lynne Rothballor was aangewys as die beste atleet in Suid-Afrika vir meisies 0/12 in hoogspring en ons het 24 medaljes in die jaar gewen.” het mnr. Bates gesê.

Vandaar het die provinsie en ook die personeel en atlete elke jaar gegroei en hoër standaarde aan hulself gestel.

Oor die agt jaar wat mnr. Bates aan stuur was van die Mpumalanga Atletiek en Landloop het die provinsie 318 medaljes vir atletiek verower.

Hy het ook vanjaar die grootste erkenning wat enige sportman of vrou in skole atletiek kan verower, met die oorhandiging van sy Nasionale Kleure, ontvang.

Hy is toegeken met volle Proteakleure vir die werk wat hy in atletiek gedoen het. “Ek wil opreg en
uit my hart dankie sê aan al die amptenare wat my elke jaar vergesel het, die Deparment vir hul ondersteuning en elke atleet en ouer vir hul ondersteuning.”

In die tyd wat mnr. Bates die provinsie gelei het, het hy tussen R50 000 en R80 000 in borge ontvang en het elke borg bedank vir die bydrae wat hulle tot die sukses van die provinsie gelewer het.

Hy het genoem dat hy nog nooit een jaar skaam gekry het oor die atlete nie, maar elke jaar net komplimente ontvang het van die goeie gedrag en gehoorsaamheid van elke atleet.

“Ek is baie dankbaar vir die personeel by my skool wat verseker het dat die dag se take vlot verloop as ek saam met die atletiek getoer het en me. Marinda Cremer wat al die tikwerk vir die atletiek gedoen het, al was dit nie deel van haar pligte nie. Ek waardeer julle hulp opreg.”

Vir die toekoms hoop hy van harte dat die atletiekbaan in Nelspruit ‘n realiteit sal word en het bygevoeg dat hy met graagte sal assisteer om die Nasionale Atletiek vergadering vir die provinsie te reël.

Hy het verder genoem dat skole die broeiplek is vir enige sport en dat die kinders die belangrikste aspek is in skole sport en dat hulle die beste afrigting benodig.

Sy raad vir die volgende voorsitter en komitee lede is om hard te werk, die reëls te ken en bly altyd op hoogte van die gebeure.

“Kies die nuwe komitee om hoër hoogtes in die provinsie te bereik. Ek laat ‘n goed georganiseerde provinsie agter, bou en maak dit nog beter.” het hy afgesluit.

Related Articles

Back to top button