NewsSchools

Leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie geniet prysuitdelingsfunksie

Nabiha Seedat (graad 12) is aangewys as die 2018 Dux Leerling.

Die leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie is Donderdagaand, 18 Oktober, tydens die jaarlikse prysuitdelingsfunksie vereer vir hulle harde werk en getroue toewyding die afgelope jaar.

Marius Ferreira ontvang die Ligbron Ambassadeurstrofeë vir 2018. Hierdie trofee word toegeken aan die leerder wat die grootste bydra gelewer het op alle vlakke van akademie, sport, kultuur en leierskap gedurende hul skoolloopbaan. Dit is ook die hooftoekenning van die aand.

Nabiha Seedat (graad 12) is aangewys as die 2018 Dux Leerling met ‘n gemiddeld van 89.9 persent. Charl du Toit en Marisca Stander is aangewys as vanjaar se veelsydigste Sportseun- en Dogter.

Die Liggies het TWK Agri bedank wat as hoofborg opgetree het, sowel as elke ander borg wat die aand moontlik gemaak het.

Charl du Toit en Marisca Stander is aangewys as vanjaar se veelsydigste Sportseun- en Dogter. (Foto verskaf)

Related Articles

Back to top button