NewsSchools

Erries word vereer by Ermelo Hoërskool se jaarlikse prysuitdeling

Die Handhawersprys, wat ’n besondere EHS-trofee is, is oorhandig aan die hoofseun van 2018, Willie Greyling.

Ermelo Hoërskool het Donderdag, 18 Oktober hulle jaarlikse glans-prysuitdeling aangebied.

Die Erries het erkenning gekry vir hulle prestasies wat behaal is deur die loop van 2018. Dit was ‘n besondere geleentheid en EHS is trots op elke Erries wat ‘n sertifikaat, prys of trofee ontvang het en ook op elke leerder van EHS wat sy of haar deel doen en ‘n bydrae gelewer het tot die groot hoogtes wat Hoërskool Ermelo bereik het.

Daar is heelwat pryse uitgedeel en hier is slegs ‘n paar van die besondere prestasies:

Die Hoëvelder prys vir die beste opstel in Engels Eerste Huistaal is aan Mpho Khumalo (graad 12) toegeken.

Caylin Loock ontvang die Standard Bank Wisseltrofeë vir die graad 8 tot 11 Sportdogter. (Foto verskaf)

Die Standard Bank Wisseltrofeë vir die graad 8 tot 11 Sportseun en -dogter het onderskeidelik aan Caylin Loock (graad 8) en Walter Visser (graad 11) gegaan.

Kelly-Anne Bourn en Lydia Landman deel die Marie-Louise Henning Wisseltrofeë vir die Sportdogter in graad 12.

Die Arnold Arnoldi Wisseltrofeë vir graad 12 Sportseun het gegaan aan Stefan Kemp.

Vandré Swart was die trotse ontvanger van die Theana de Beer Wisseltrofee vir die beste Kultuurbydrae.

Lydia Landman het die NJ Robbertse-prys ontvang vir die Beste Sport- en Akademieleerder en is ook aangewys as EHS se Dux-leerder. (Foto verskaf)

Lydia Landman het die NJ Robbertse-prys ontvang vir die Beste Sport- en Akademieleerder.

Die Handhawersprys, wat ‘n besondere EHS-trofee is, is oorhandig aan die hoofseun van 2018, Willie Greyling.

Met die prestasie as EHS se Dux-leerder, ontvang die Erries se hoofdogter van 2018, Lydia Landman, ‘n kontantprys van een van die borge, Dale Groenewald, ‘n besondere silwer skinkbord geborg deur die hoofborg, TWK, asook die Fairbairn-medalje.

EHS het die hoofborg, TWK, asook al die ander borge, onder andere mnr. Dale Groenewald, wat die pragfunksie moontlik gemaak het bedank.

Lydia Landman en Kelly-Anne Bourn deel die Marie-Louise Henning Wisseltrofeë vir Sportdogter in graad 12. (Foto verskaf)
Walter Visser ontvang die Standard Bank Wisseltrofeë vir die graad 8 tot 11 Sportseun. (Foto verskaf)
Die Handhawersprys is oorhandig aan die Hoofseun van 2018, Willie Greyling. (Foto verskaf)

Related Articles

Back to top button